Search

1903 - Mark Morrison se Britse span in Suid Afrika.

Updated: Jul 21, 2019


Die derde Internasionale toer na Suid Afrika was ook onderneem deur 'n Britse span, maar die keer was Suid Afrika meer voorberei en het geweet wat op hulle wag. Op die toer wat omtrent twee maande geduur het, het die Britte 22 wedstryde gespeel, insluitende die Toetse (die keer weer net drie Toetse), waarvan hulle 11 gewen het, 8 verloor het en 3 was gelykop.

1903 Britse Toerspan Name


A.F. (Oubaas) Markotter

Dit was die jare wat A.F. "Oubaas" Markotter rugby op Stellenbosch afgerig het en soos ons weet, het hy baie spelers Springbokke gemaak deur hulle talent raak te sien en te ontwikkel. So het hy 'n sagte plekkie gehad vir 'n jong man, klein en blond maar wat verwoesting kon saai teen opponente met sy lopies, naamlik, Japie Krige. Oubaas Mark het oral gesoek na 'n vleuel wat by Japie kon bly, want hy het meestal onder sy eie spelers uitgehardloop. Iemand het vir Bob Loubser voorgestel en Oubaas Mark se soektog was oor. Krige en Loubser het baie drieë tussen hulle gedruk en het mekaar se spel later soos 'n handskoen geken.






Japie Krige was die beste senter driekwart soos in daardie dae genoem, en die eerste Suid Afrikaanse speler wat die publiek se verbeelding so aangegryp het. Hy was geweldig vinnig van die merk af, en so individualisties dat Oubaas Markotter die res van die agterlyn om hom gebou het (hulle moes by hom aanpas). Hy was net 17 toe hy provinsiaal gekies is en het nooit in 'n verloor wedstryd vir Westelike Provinsie gespeel nie. Meer as een keer was dit net sy briljantheid wat gesorg het dat sy span nie verloor nie.






SUID AFRIKAANSE KLEURE



Barry "Fairy" Heatlie


1903 was die jaar dat groen as kleur aangeneem was vir die Suid Afrikaanse rugbyspan. Soos in die laaste toets van 1896 het Barry Heatlie weer gereël dat sy span die groen truie van "Diocesan Old Boys" kry met wit kraë en swart broeke. Dit was volgens opgetekende rekords dat die Suid Afrikaanse Rugby Raad op 12 September 1906 ingestem het dat dit dan die nasionale kleure van Suid Afrika sou wees. Daar was egter nog nie 'n wapen gekies nie.

16 views